• 023 3470 923
  • Worcester
  • 028 5143 929
  • Swellendam
  • 023 3161 304
  • Ceres
  • 028 050 2266

  • Robertson

    Kersprojek 2018: WRAD-span besoek Avianpark

    December 6, 2018

    Worcester Radiologie se Kersprojek vir 2018 was die aanbied van ’n partytjie vir die kinders van die Lena Johnson Care House-sopkombuis.

    Dit is gekoördineer deur die NG gemeente Worcester-Vallei en ondersteun deur plaaslike instansies en individue wat die sopkombuis maandeliks ondersteun. Worcster Radiologie tel onder dié maandelikse borge, asook Hofmeyr en Laubscher Tandartse, Jaffes Ford, Wynne Wolstenholme en Jerome de Villiers van Albany.

    ’n Spannetjie personeellede van Worcester Radiologie het die partytjie by die Avianpark-bibilioteek gaan aanbied. Dr. Johan Blomerus was Kersvader, ons het Kerskaartjies gemaak, die Kersverhaal gekyk en lekker geëet.

    Die vroue wat die sopkombuis aan die gang hou, Lena Johnson en Liza (Poppie) Dokoda, maak elke Dinsdag en Donderdag vir 100 kinders van Avianpark kos. Hoewel hulle erken dat dit “Job se geduld” vat, voel hulle geroepe om daarmee vol te hou.

    Worcester Radiologie is trots om Lena Johnson Care House as een van sy verskeie gemeenskapsprojekte te ondersteun.

    Share this article

    News Archive

    ‘n Eie resepteboek om 2020 af te sluitWorcester Radiology opens fourth practice, in RobertsonOf course we worked on Mandela Day!Worcester Radiologie deel van Covid-19-noodverligtingRoetine prosedures terug na normaal – maar met ekstra maatreëlsCOVID-19: Important notice to patients visiting the practiceWRAD-span en Kersvader kuier weer in AvianparkProud supporter of Woman of Hope’s first public eventBecause it’s all about the teamAs borskanker in jou gene is…Eerste mammogram? Dít is wat om te verwagKoronêre RT-angiografie by Worcester RadiologieBeurse by Worcester Radiologie: Só werk ditWaarom moet ek ’n sonar ná my mammogram kry?WRAD-span stik 160 matrasslope vir MandeladagSewe dinge wat alle vroue van osteoporose moet weetAny questions? Learn more about your next scanTwee dekades in SwellendamTeam WRAD shows support for local hockeyWorcester Radiologie kies ‘Biggest Loser’Ontmoet Worcester Radiologie se span in CeresKersprojek 2018: WRAD-span besoek AvianparkWêreldradiologiedag: Wat jy moet weet van radiologieRolling up our sleeves for Mandela Day 2018‘Ek was geseënd om dit vroeg op te spoor’Waarom moet ek weet wat osteoporose is?Osteoporose: Leer meer en laat jou toets‘Dit is nie ons werk om lewens te red nie maar om dokters te help sien’Dr. Fred Cronje groet ná 25 jaarTime for a screening of a different kind, ladiesJou lyf en gesondheid: Wat tegnologie jou nou kan laat sien100 Kersgeskenke vir AwendrusGetting eyeballs on the CANSA cause