• 023 3470 923
  • Worcester
  • 028 5143 929
  • Swellendam
  • 023 3161 304
  • Ceres

    100 Kersgeskenke vir Awendrus

    December 6, 2017

    Personeel van Worcester Radiologie en Worcester Mediclinic het Dinsdag 5 Desember 2017 die inwoners van die Awendrus-tehuis vir bejaardes verras met 100 geskenkboksies wat daar afgelewer is.

    Elke inwoner het ’n geskenk ontvang en Dalene Fortuin, bestuurder van die tehuis, het gesê dit sal ’n groot verskil maak in ’n tehuis waar die meeste inwoners behoeftig is.

    Anriëtta Smit, Mediclinic Worcester se pasiëntervaringsbestuurder, sê hulle personeel kry elke jaar die geleentheid om te kies vir watter instansie hulle Kersgeskenke wil gee. Hulle het saam met Worcester Radiologie en Western Province Caterers, wat die hospitaal se spyseniering doen, genoeg boksies ingesamel om ook vir ander organisasies te kon gee.

    Hier is ‘n paar oomblikke op kamera vasgevang:

    Share this article