• 023 3470 923
  • Worcester
  • 028 5143 929
  • Swellendam
  • 023 3161 304
  • Ceres
  • 028 050 2266

  • Robertson

    Worcester Radiologie deel van Covid-19-noodverligting

    July 8, 2020

    Dit is met trots dat Worcester Radiologie vanjaar deel was van ’n noodverligtingsprogram tydens Suid-Afrika se Covid-19-inperking.

    Die TLC-gemeenskapsprojek het in April afgeskop as gesamentlike projek tussen verskeie plaaslike kerke, besighede, liefdadigheidsorganisasies en vrywilligers en het gesinne ondersteun wat hul inkomste weens die inperking verloor het. In net die eerste maand is sowat R100 000 se skenkings ontvang, waarmee bokse vol noodsaaklike huishoudelike items en kos na gesinne in nood versprei is. ’n Netwerk van vroue het ook vrywillig saamgewerk om 2 000 gratis lapmaskers te maak.

    Die projek het mettertyd gegroei en sal tot ten minste einde Augustus 200 gesinne van onder meer die Nasionale Instituut vir Dowes, Innovation for the Blind, Zwelethemba, Roodewal, Hexpark, Avianpark, Tuindorp, Hospitaalheuwel en omliggende plase onderhou. Meer as 800 kinders word ook verskeie kere per week by verskillende sopkombuise gevoed.

    Die organiseerders van die projek is dankbaar teenoor elke organisasie en individu wat bygedra het om die projek vir soveel maande moontlik te maak, in besonder Pool Vervoer, Albany, APL Cartons, Swannies, RCL Foods, Water Boys, die Reformed Church in Japan (RCJ), die barmhartigheidsdienste van die NG en Anglikaanse kerke en die Solidariteitsfonds.

    Share this article