• 023 3470 923
  • Worcester
  • 028 5143 929
  • Swellendam
  • 023 3161 304
  • Ceres
  • 028 050 2266

  • Robertson

    Worcester Radiologie sluit aan by SCP Radiologie

    July 1, 2021

    Worcester Radiologie is vanaf 1 Julie 2021 amptelik deel van SCP Radiologie (Schnetler, Corbett & Partners).

    SCP Radiologie is in 1950 gestig en het saam met Worcester Radiologie se praktyke in Worcester, Ceres, Robertson en Swellendam, nou 16 takke in die Wes-Kaap. Die ander takke in die groep is dié by Netcare Christiaan Barnard Gedenkhospitaal, Brackenfell, Cape Gate, Durbanville, Durbanville Orthopaedic Centre, Louis Leipoldt, Malmesbury, Paarl, Panorama, Panorama Healthcare Centre, Vredenburg en Vredendal.

    Radiologiese dienste by Worcester Radiologie sal onveranderd deur die huidige span aan pasiënte gelewer word en hulle sal ook met trots hul gemeenskapsprojekte voortsit. Pasiënte sal wel ’n veranderde logo opmerk en rekeninge sal in die naam van SCP Radiologie uitgereik word.

    Behalwe vir hierdie paar klein veranderings wat hulle mag oplet, sê dr. Johan Blomerus van Worcester Radiologie, sal pasiënte onveranderd hul beeldingsprosedures ondergaan. Hy is opgewonde oor die moontlikhede wat ontsluit word om as deel van ’n groter radiologiegroep te funksioneer.

    Volgens dr. Jean de Villiers van SCP Radiologie is die samesmelting met Worcester Radiologie gebaseer op gedeelde waardes wat uitnemende dienslewering, pasiëntgerigte sorg, vooruitgang, spanwerk en gemeenskapsbetrokkenheid insluit. “Albei ons praktyke streef daarna om aan verwysende mediese praktisyns se behoeftes vir diagnostiese en kliniese beelding te voldoen, dit effektief te bestuur en te oortref deur die gesamentlike aksies van ons kundige en bekwame personeel.”

    Die span by Worcester Radiologie sien uit na die nuwe hoofstuk in hul suksesvolle geskiedenis van bykans 50 jaar.

    Meer oor Worcester Radiologie se dienste

    Afgesien van gewone X-strale, lewer Worcester Radiologie ook die volgende meer gespesialiseerde dienste:
    • RT-beelding met algemene angiografie, insluitend koronêre arterie-angiografie
    • MR-beelding met MR-angiografie en MR-mammografie.
    • Digitale mammografie met sonargerigte biopsies.
    • Beenmineraaldigtheid (BMD) met biometriese analise.
    • Sonar, insluitend vaskulêre Doppler-ondersoeke om bloedvloei deur die are en slagare te meet, en muskuloskeletale ondersoeke.
    • Staande langbeen- en skoliose-plate.
    • Gewone X-strale by die tak in Robertson.
    • X-strale en mammogramme by die tak in Ceres.
    • X-strale en mammogramme by ons tak in Swellendam.

    Om u afspraak te maak, skakel 023 347 0923.

    Vir meer inligting oor SCP Radiologie gaan na www.scp.co.za.
    Vir verdere inligting oor Worcester Radiologie, verken ons webtuiste by www.wrad.co.za.

    Share this article

    News Archive

    Worcester Radiologie sluit aan by SCP Radiologie‘n Eie resepteboek om 2020 af te sluitWorcester Radiology opens fourth practice, in RobertsonOf course we worked on Mandela Day!Worcester Radiologie deel van Covid-19-noodverligtingRoetine prosedures terug na normaal – maar met ekstra maatreëlsCOVID-19: Important notice to patients visiting the practiceWRAD-span en Kersvader kuier weer in AvianparkProud supporter of Woman of Hope’s first public eventBecause it’s all about the teamAs borskanker in jou gene is…Eerste mammogram? Dít is wat om te verwagKoronêre RT-angiografie by Worcester RadiologieBeurse by Worcester Radiologie: Só werk ditWaarom moet ek ’n sonar ná my mammogram kry?WRAD-span stik 160 matrasslope vir MandeladagSewe dinge wat alle vroue van osteoporose moet weetAny questions? Learn more about your next scanTwee dekades in SwellendamTeam WRAD shows support for local hockeyWorcester Radiologie kies ‘Biggest Loser’Ontmoet Worcester Radiologie se span in CeresKersprojek 2018: WRAD-span besoek AvianparkWêreldradiologiedag: Wat jy moet weet van radiologieRolling up our sleeves for Mandela Day 2018‘Ek was geseënd om dit vroeg op te spoor’Waarom moet ek weet wat osteoporose is?Osteoporose: Leer meer en laat jou toets‘Dit is nie ons werk om lewens te red nie maar om dokters te help sien’Dr. Fred Cronje groet ná 25 jaarTime for a screening of a different kind, ladiesJou lyf en gesondheid: Wat tegnologie jou nou kan laat sien100 Kersgeskenke vir AwendrusGetting eyeballs on the CANSA cause