• 023 3470 923
  • Worcester
  • 028 5143 929
  • Swellendam
  • 023 3161 304
  • Ceres

    Koronêre RT-angiografie by Worcester Radiologie

    September 25, 2019

    Koronêre RT-angiografie is een van die gespesialiseerde radiologiese dienste wat Worcester Radiologie lewer.

    Kardiale koronêre RT-angiografie is ’n studie wat die afgelope 10 jaar ontwikkel is om koronêre arteries te evalueer, sê dr. Riaan Joubert, met Wêreld-hartdag wat op 29 September gedenk word. Worcester Radiologie se 64 Detektor Siemens RT-masjien word gebruik om hierdie ondersoek te doen en twee van ons radioloë is geakkrediteer om die studie te interpreteer.

    Koronêre RT-angiografie is aangedui in pasiënte met borskaspyn wat nie in staat is om ’n inspannings-EKG te kan doen nie, of wat ’n EKG-ondersoek het wat oninterpreteerbaar is. RT-angiografie is minder indringend as konvensionele angiografie en die bestraling wat die pasiënt ontvang is ook aansienlik minder.

    Verder kan hierdie masjien ook gebruik word om die mate van verkalking van die koronêre arteries te bepaal, wat ’n aanduiding gee van die pasiënt se risiko om koronêre vatsiekte te ontwikkel wat weer kan aanleiding gee tot hartaanvalle.

    Share this article