• 023 3470 923
  • Worcester
  • 028 5143 929
  • Swellendam
  • 023 3161 304
  • Ceres

    Osteoporose: Leer meer en laat jou toets

    April 26, 2018

    Artikel oorspronklik gepubliseer in: Worcester Standard, 26 April 2018

    Mei is Osteoporosemaand en ’n spesiale tarief op toetse vir beenmineraaldigtheid (BMD) is vir die volgende paar weke in Worcester beskikbaar.

    Osteoporose is ’n siekte wat beendigtheid stelselmatig laat afneem en die risiko vir frakture verhoog. Volgens die Internasionale Osteoporosestigting affekteer dit tussen 30 en 40% van vroue en 20% van mans bo 50. Min mense weet egter dat hulle daaraan ly totdat hulle ’n fraktuur opdoen wat hulle beweeglikheid kan affekteer of selfs vroeë dood kan meebring.

    Hoewel osteoporose dikwels by bejaarde mense gediagnoseer word, kan beendigtheid reeds van so jonk as 25 jaar begin afneem, en medici beveel aan dat risikofaktore van jongs af beperk word. Roetine siftingstoetse word ook van 65 jaar af vir vroue, en 70 jaar vir mans, aanbeveel tensy ander risikofaktore bestaan.

    Gesels met jou verwysende dokter oor risikofaktore en ’n spesiale tarief vir BMD-toetse wat in Mei by Worcester Radiologie beskikbaar is en skakel dan 023 347 0923 vir ’n afspraak. Besoek ook osteoporosis.org.za vir omvattende inligting oor voorkoming en behandeling.

    Worcester Standard, 26 April 2018

    Share this article