• 023 3470 923
  • Worcester
  • 028 5143 929
  • Swellendam
  • 023 3161 304
  • Ceres
  • 028 050 2266

  • Robertson

    Sewe dinge wat alle vroue van osteoporose moet weet

    May 10, 2019

    Worcester Radiologie fokus in Mei op osteoporose, beengesondheid en beendigtheidstoetse (BMD) wat by die praktyk beskikbaar is. Hier is sewe feite wat vroue van alle ouderdomme van osteoporose moet weet:

    1. Osteoporose word meer gereeld by vroue as by mans gediagnoseer.

    Hoewel mans nie die siekte heeltemal vryspring nie, is dit tog meer algemeen onder vroue as by mans. Die Internasionale Osteoporosestigting sê op sy webwerf een uit elke drie vroue wêreldwyd bo die ouderdom van 50 sal ’n fraktuur weens osteoporose opdoen. Daarteenoor sal een uit elke vyf mans wêreldwyd bo 50 ook ’n osteoporose-fraktuur opdoen, sê die stigting.

    2. Dit is nie iets wat skielik op jou oudag begin nie.

    Die verlies aan beendigtheid is ’n geleidelike proses wat ongesiens begin en toeneem. Die aanloop tot ’n fraktuur wat op iemand se oudag gebeur, kan so vroeg as die laat twintigerjare begin. Dit is hoekom dit dikwels as ’n “stille” siekte beskryf word wat dekades lank ontwikkel maar eers gediagnoseer word wanneer iemand ’n fraktuur opdoen.

    3. Jou kind se gesondheid kan eendag sy of haar kans om osteoporose te ontwikkel, beïnvloed.

    Die punt waar ’n mens se beendigtheid op sy hoogste is, word êrens in die twintigerjare bereik en word as die beenmassa-piek beskryf. Hoe hoër hierdie piek, hoe beter. Die grondslag hiervoor word van kleins af gelê met voldoende voeding en oefening.

    4. Oefening is een van die groot teenmiddels teen osteoporose.

    Hermien Kruger, ’n biokinetikus van Worcester, het in ’n artikel verlede jaar gesê gereelde gewigdraende oefening en aktiwiteite wat spiere versterk, dra by tot die bou en handhawing van beendigtheid. Ander voordele van gereelde oefening is verbeterde spiertonus, postuur en balans, wat as sulks die risiko vir val en moontlike frakture verlaag. Dit is egter belangrik om ’n kundige te raadpleeg oor veiligheid vóór jy begin oefen, veral as jy reeds gevaar loop om frakture op te doen.

    5. Wat jy eet en drink kan jou risiko verhoog of verlaag.

    ’n Voedsame dieet is nog een van die groot voorsorgmaatreëls wat ’n mens kan tref. Mareli Conradie, ’n plaaslike dieetkundige, sê genoegsame kalsium en vitamien D is noodsaaklik. Juis omdat beendigtheid ’n piek bereik in ’n mens se twintigs, moet die inname van dié voedingstowwe van kleins af deel van ’n gebalanseerde dieet wees, maar natuurlik ook daarna volgehou word. Vermy ook oormatige inname van alkohol en kafeïen, aangesien dié twee faktore ook tot ’n verhoogde risiko kan lei.

    6. Eetsteurnisse en ’n té lae BMI kan jou risiko vir osteoporose verhoog.

    Omdat voeding ’n integrale deel van beengesondheid is, is faktore wat die genoegsame opname van voedingstowwe verhoed, aangedui as risikofaktore vir osteoporose. Dit sluit swak voeding, eetsteurnisse soos anorexia nervosa en bulemie en ’n tekort aan kalsium in. Verder sê die Internasionale Osteoporosestigting mense met ’n BMI-telling van minder as 20 het ’n twee keer hoër risiko as mense met ’n BMI van 25 of meer.

    7. Daar ís maniere om osteoporose (en jou risiko om frakture op te doen) te bestuur.

    Behandeling word baie spesifiek vir elke pasiënt bepaal en kan voorskrifmedikasie, aanvullings en ook leefstylveranderings insluit. Die primêre doel met behandeling is die voorkoming van frakture, waarvoor jou dokter noodwendig ’n kombinasie van aanpassings sal aanbeveel.

    Vir meer uitgebreide inligting oor osteoporose, voorkoming, risikofaktore en behandeling, besoek www.iofbonehealth.org of www.osteoporosis.org.za.

    Vir meer inligting oor toetse vir beenmineraaldigtheid by Worcester Radiologie, bel die praktyk by 023 347 0923 of besoek ons webwerf by www.wrad.co.za.

    Hier is nog ‘n paar handige onthou-dinge:

    Share this article

    Nuus Argiewe

    ’n Eie resepteboek om 2020 af te sluitWorcester Radiology opens fourth practice, in RobertsonOf course we worked on Mandela Day!Worcester Radiologie deel van Covid-19-noodverligtingRoetine prosedures terug na normaal – maar met ekstra maatreëlsCOVID-19: Important notice to patients visiting the practiceWRAD-span en Kersvader kuier weer in AvianparkProud to support Woman of Hope’s first public eventBecause it’s all about the teamAs borskanker in jou gene is…Eerste mammogram? Dít is wat om te verwagKoronêre RT-angiografie by Worcester RadiologieBeurse by Worcester Radiologie: Só werk ditWaarom moet ek ’n sonar ná my mammogram kry?WRAD-span stik 160 matrasslope vir MandeladagSewe dinge wat alle vroue van osteoporose moet weetAny questions? Learn more about your next scanTwee dekades in SwellendamTeam WRAD shows support for local hockeyWorcester Radiologie kies ‘Biggest Loser’Ontmoet Worcester Radiologie se span in CeresKersprojek 2018: WRAD-span besoek AvianparkWêreldradiologiedag: Wat jy moet weet oor radiologieRolling up our sleeves for Mandela Day 2018‘Ek was geseënd om dit vroeg op te spoor’Waarom moet ek weet wat osteoporose is?Osteoporose: Leer meer en laat jou toets‘Dit is nie ons werk om lewens te red nie maar om dokters te help sien’Dr. Fred Cronje groet ná 25 jaarTime for a screening of a different kind, ladiesJou lyf en gesondheid: Wat tegnologie jou nou kan laat sien100 Kersgeskenke vir AwendrusGetting eyeballs on the CANSA cause