• 023 3470 923
  • Worcester
  • 028 5143 929
  • Swellendam
  • 023 3161 304
  • Ceres

    Twee dekades in Swellendam

    March 27, 2019

    Worcester Radiologie is die afgelope 20 jaar al ingerig om pasiënte in Swellendam in hul eie tuisdorp te bedien. Die praktyk lewer mammografie-dienste en doen ook algemene X-strale.

    Beide die mammogramme en X-strale word deur Lizmari Bester hanteer. Sy is ’n ervare radiografis wat uit die openbare sektor by Worcester Radiologie aangesluit het. Sy is ook volgens die vereistes van die Raad vir Gesondheidsberoepe in Suid-Afrika (HPCSA) spesiaal opgelei en geregistreer om mammogramme te kan doen.

    Mammografie

    ’n Jaarlikse mammogram, as siftingstoets vir moontlike tekens van borskanker, word aanbeveel vir vroue ouer as 40 jaar. ’n Mammogram kan sonder ’n verwysingsbrief van ’n ander dokter gedoen word, maar beelde word na die pasiënt se geneesheer gestuur nadat dit deur ons radioloë in Worcester geïnterpreteer word.

    Die radiografis sal ook protokol volg en die regte hulp inroep wanneer ’n potensiële probleem raakgesien word. Soms is ’n sonar nodig. Sonar word as aanvullende hulpmiddel gebruik wanneer daar op ’n spesifieke area van die bors gekonsentreer en meer inligting bekom moet word oor iets wat in die mammogram raakgesien is. Dit is belangrik om te onthou dat elke pasiënt anders is en dat ’n mammogram slegs ’n vertrekpunt is vir ’n proses wat van pasiënt tot pasiënt kan verskil. Gesels gerus met jou dokter vir persoonlike advies en meer inligting oor die komplekse veld.

    Ander dienste

    Vir sonars en ander radiologiese dienste, soos MR- en RT-skanderings, sal pasiënte na Worcester Radiologie se hoofkantoor langs Mediclinic Worcester verwys word.

    Administratiewe take in Swellendam word deur Rebecca Tiemie behartig. Sy het meer as 11 jaar gelede  by die Radiologie-span aangesluit en sê, net soos Lizmari, dat die interaksie met die mense van hierdie klein gemeenskap die mees bevredigende deel van hul werk is.

    Kontak

    Die plaaslike praktyk is geleë in die Swellendam Mediesesorgsentrum by Voortrekstraat. By dié sentrum het pasiënte toegang tot algemene praktisyns, ‘n fisioterapeut, arbeidsterapeut en patologiese dienste. Verskeie spesialiste van Worcester spreek ook op gereelde basis pasiënte by die sentrum.

    Worcester Radiologie Swellendam se praktyk-ure is Maandag tot Vrydag 08:00 tot 17:00. Bel gerus 028 514 3929 vir  meer inligting, of besoek www.wrad.co.za.

    Share this article