• 023 3470 923
  • Worcester
  • 028 5143 929
  • Swellendam
  • 023 3161 304
  • Ceres

    DIENSTE

    Kinder X-Straal Kamer

    X-Straal kamer wat spesiaal ontwerp is om kinders gemaklik te laat voel.

    SIEN KAMER

    Well Women Imaging

    Worcester radiologie bied "Well Women Imaging" dienste vir gemak en privaatheid van mammogramme, borssonars en beendigtheids toetse.

    SIEN KAMER

    wrad-home-services-ct-scan

    RT Skandering

    RT Skandering maak gebruik van verskeie gerekenariseerde x-strale. Dit help dokters om sommige mediese toestande te diagnoseer wat nie altyd sigbaar is met ander beeldingsmodaliteite nie. Die RT skanderings apparaat is 'n sirkelvormige masjien, wat hoë kwaliteit beelde neem van die liggaam.

    Na die skandering van die liggaam rekonstrueer 'n rekenaar die data om beelde van die liggam in verskillende vlakke te wys.

    Hierdie hoë kwaliteit beelde laat radioloë toe om meer besonderhede te sien van byvoorbeeld brein, been en sagte weefsel. Dokters verkry dus meer inligting rakende die mediese toestand wat hulle in staat stel om akkurate diagnoses te maak en die pasiënt toepaslik te behandel.

    RT Angiografie rekonstrueer bloedvate om aneurismes , vernouings, bloedklonte en ander bloedvat abnormaliteite te wys.

    SIEN KAMER

    wrad-home-services-mri

    MRI

    Magnetiese Resonansie is 'n radiologiese tegniek wat aantrekkingskrag, radiogolwe en 'n rekenaar gebruik om gedetailleerde beelde te vorm van organe, sagte weefsel, been en feitlik alle interne liggaam strukture.

    MRI beeldings stel dokters in staat om dele van die liggaam beter te evalueer asook om die teenwoordigheid van seker siektes te bepaal.

    MRI skanderings word meer algemeen gebruik om probleme met die brein sowel as rugmurg te visualiseer. Ander populêre gebruike sluit in: gewas diagnose en om probleme met die abdominale organe, vaskulêre sisteem, bene en gewrigte te identifiseer.

    WAT IS N MRI? KLIEK OM DOKUMENT AF TE LAAI

    wrad-home-services-x-rays

    X-Strale

    X-strale is 'n vorm van bestraling wat deel vorm van die elektromagnetiese spektrum wat ook sigbare lig, radiogolwe en mikrogolwe insluit.

    'n X-straalbundel word gebruik om verskeie beelde van die liggaam te produseer. Die x-straalbundel dring die liggaam binne en skep sodoende 'n beeld van die binnekant van die liggaam.

    Hierdie beelde toon verskillende dele van die liggaam in verskillende skakerings van wit en swart. Die rede hiervoor is omdat verskillende weefsel in die liggaam verkillende hoeveelhede bestraling absorbeer. Kalsium in bene adsorbeer die meeste bestraling en dus vertoon bene wit. Vet en ander sagte weefsel absorbeer so bietjie minder en daarom vertoon dit grys. Lug absorbeer die minste bestraling en daarom vertoon longe swart.

    X-strale as 'n beeldingsmodaliteit word gebruik om mediese toestande en beserings te identifiseer soos byvoorbeeld longontsteking, hartversaking, frakture, been infeksies, artritis, kanker, dermverstoppings ens.

    wrad-home-services-ultrasound

    Ultraklank & Doppler

    Ultraklank is 'n eenvoudige, veilige en pynlose diagnostiese prosedure. Hoë frekwensie klankgolwe word gestuur na dele van die liggaam waar dit terug weerkaats word, die "eggo's" wat ontstaan word dan as beelde vasgevang.

    Ultraklank beelde voorsien inligting van die struktuur en beweging van interne organe asook bloed wat deur die bloedvate vloei.

    'n Doppler ultraklank mag in sommige gevalle deel vorm van 'n ultraklank ondersoek. 'n Doppler ultraklank evalueer bloed soos wat dit deur die bloedvate vloei.

    Kleur Doppler maak van 'n rekenaar gebruik om Doppler metings in verskeie kleure te omskep, sodoende word die spoed en vloei rigting van bloed deur die bloedvat gevisualiseer.

    wrad-home-services-Densitometry

    Beendigtheid

    'n Beendigtheidstoets is 'n eenvoudige, nie-indringende en pynlose ondersoek wat die mineraal inhoud (onder andere kalsium) van bene bepaal. Dit verskaf inligting rakende die sterkte van bene.

    Gedurende die prosedure stuur 'n masjien 'n baie dun en onsigbare x-straal bundel deur die skelet. Hierdie lae dosis x-straal bundel het twee onmiskenbare energie pieke.

    Een energie piek word hoofsaaklik deur sagte weefsel geabsorbeer en die ander deur die been. Die sagte weefsel absorpsie word van die totaal afgetrek en die verskil is dan die pasiënt se been mineraal digtheid.

    Osteoporose is 'n toestand wat lei tot die geleidelike verlies van kalsium in bene. Dit veroorsaak dat bene makliker breek en met 'n beendigtheidstoets kan bepaal word of die pasiënt 'n verhoogde risiko het vir been frakture ("beenbreuke")

    wrad-home-services-pacs

    Filmlose Departement

    Worcester Radiologie is 'n digitale filmlose praktyk. Al ons beelde word digitaal gestoor op ons PACS sisteem.

    PACS (Picture Archiving and Communication System) is 'n gerekenariseerde stelsel wat die rol van tradisionele radiologiese film vervang.

    Die beelde wat ons bekom word digitaal oorgedra en vertoon aan verwysende dokters en die hospitale aan wie ons 'n diens lewer. Alle beelde word vergesel deur 'n goed uiteen gesette radiologiese verslag. U dokter kan dus u beelde besigtig en die radioloog se verslag lees.

    Deur van die PACS stelsel gebruik te maak verseker ons dat as beelde eers bekom is, hulle nie verlore of misplaas kan raak nie.

    wrad-home-services-interv

    Intervensionele Radiologie

    Intervensionele Radiologie is 'n subspesialiteit van radiologie wat gebruik maak van beeldings gereedskap. Dit stel 'n dokter in staat om 'n diagnostiese of terapeuties prosedure uit te voer op 'n pasiënt.

    Toegang tot sekere gedeeltes van die liggaam word verkry deur gebruik te maak van minimale indringende tegnieke. Gedurende hierdie proses begelei sonar en RT skanderings die bewegings van die mediese instrumente binne die liggaam.

    wrad-home-services-fluroscopy

    Deurligting

    'n Deurligtingstudie behels die studie van die liggaam se bewegende dele. Gedurende hierdie studie word daar 'n x-straal bundel deur die liggaamsdeel wat ondersoek word gestuur.

    Die x-straal bundel word na 'n monitor gestuur waar die liggaamsdeel en sy beweging gesien kan word.

    Die fluoroskoop is 'n gelyke vlak tafel met 'n kamera wat oor die pasiënt getrek word. Die radioloog of radiografis sal die kamera op en af beweeg totdat hulle die area wat ondersoek word die beste kan sien.

    'n Deurligtingstudie as 'n beeldingsmodaliteit laat dokters toe om na onder andere die skelet, spysverterings, urien, asemhalings en voorplantingstelsel te kyk.

    wrad-home-services-mammography

    Mammografie

    Mammografie is die mees gewilde beeldingsmodaliteit wat gebruik word in die opsporing van borskanker oor die laaste 40 jaar.

    Digitale mammografie

    Is 'n x-straal tegniek wat gebruik maak van lae dosis x-strale om die borste te verbeeld. Rekenaars en digitale detektors word gebruik om beelde te skep wat op hoë resolusie monitors waargeneem word en net soos ander rekenaar lêers gestoor word.

    Digitale siftings mammografie

    Word gebruik wanneer dames geen tekens of simptome toon wat dui op borskanker nie.

    Diagnostiese digitale mammografie

    Word gebruik wanneer daar wel simptome soos 'n tasbare massa teenwoordig is.

    Ultraklank

    Word in baie gevalle as 'n addisionele ondersoek gebruik om die aard van abnormaliteite wat deur die mammogram opgespoor is, verder te evalueer. Word ook vrylik gebruik in pasiënte met digte borsweefsel.

    Daar is geen bewyse wat daarop dui dat mammografie as beeldings modaliteit gevaarlik is of dat dit kanker veroorsaak nie.

    Daar word aanbeveel dat alle vroue ouer as 40 jaar 'n mammogram sal kry:

    Ouderdom 40-49 jaar tweejaarliks, en vanaf ouderdom 50 jaar jaarliks.