• 023 3470 923
  • Worcester
  • 028 5143 929
  • Swellendam
  • 023 3161 304
  • Ceres

    GEMEENSKAPSWERK

    By Worcester Radiologie is ons deeglik bewus van ons verantwoordelikheid teenoor ons omliggende gemeenskappe. Ons weet dat ons nie sonder hulle getroue ondersteuning sou kon bestaan nie, daarom is ons betrokke by verskeie gemeenskapsprojekte:

    • Maandelikse kruideniersware vir Linda Sibeko se sopkombuis in Zwelethemba, wat kos verskaf aan mense met MIV en tuberkulose. Brood word ook weekliks hier afgelewer.
    • Maandelikse finansiële bydrae aan Kibbutz El-Shammah, wat verskeie opheffingsprojekte in Roodewal bedryf. Brood word ook weekliks hier afgelewer.
    • Maandelikse bydrae aan die Lena Johnson Care House-sopkombuis in Avianpark, Worcester.
    • Apostoliese Geloofsending (AGS)-kerkgroep in Swellendam.
    • Mandeladag-besoeke en opknapping by ACVV Bollieland Crèche in 2017 en 2018.
    • Mandeladag-besoeke en geskenke aan Aan De Doorns NGK Primêre Skool.
    • Donasie van stetoskope en bloeddruk-apparate aan Boland Hospice.
    • Gereelde deelname aan CANSA Relay for Life Worcester ten bate van die Kankervereniging van Suid-Afrika.
    • Skoenboksgeskenke vir Awendrus-tehuis vir bejaardes, in samewerking met Mediclinic Worcester.
    • Kerspartytjie vir kinders van Lena Johnson Care House-sopkombuis in Avianpark, Worcester.
    • Bewusmaking oor vrouegesondheid by NuMetro Girls Night Out.
    • Borgskap van meisies-hokkiekliniek vir 100 spelers van alle ouderdomme en vaardigheidsvlakke by Worcester Gimnasium.