• 023 3470 923
  • Worcester
  • 028 5143 929
  • Swellendam
  • 023 3161 304
  • Ceres

    ONS GESKIEDENIS

    Worcester Radiologie se geskiedenis begin by dr. EP Bouwer, wat in Januarie 1973 by die destydse Eben Dönges-hospitaal as radioloog begin praktiseer en ook 'n privaatpraktyk bedryf het. In Junie 1985 het dr. Bouwer sy praktyk van Eben Dönges af na Durbanstraat 52 verskuif.

    Met die opening van die Medi-City-privaathospitaal in Januarie 1987, het die radiologiepraktyk verskuif na die perseel waar Worcester Radiologie vandag nog praktiseer. Op 1 Mei 1993 het dr. Fred Cronje by dr. Bouwer aangesluit, waarna hulle as Dr's Bouwer en Cronje praktiseer het.

    Die eerste mammogrammasjien is kort daarna, in Mei 1993, by die praktyk geïnstalleer en in Januarie 1995 is die eerste masjien vir RT-skandering aangekoop. (Die hospitaal is in dieselfde jaar deur die Medi-Clinicgroep oorgeneem en het toe as Worcester Medi-Clinic bekendgestaan.)

    Nog 'n mylpaal in 1995 was die opening van die praktyk in Ceres. In 1998 het die opening van die praktyk in Swellendam gevolg.

    Op 31 Maart 1998 het dr. Bouwer as vennoot uitgetree en het drs. Johan Blomerus en Nicola Louw by die praktyk aangesluit. Kort daarna is die eerste magnetiese resonansieskandeerder geïnstalleer. Vier jaar later, op 1 Mei 2002, het dr. Riaan Joubert ook by die praktyk aangesluit om die huidige span radioloë voltallig te maak.

    Worcester Radiologie is steeds aangrensend tot Mediclinic Worcester, en het in 2016 ook begin om deurligting vir teaterprosedures aan Advanced Health Centre te lewer.


    WORCESTER - ALBUM


    SWELLENDAM - ALBUM


    CERES - ALBUM


    ADVANCED HEALTH CENTRE