• 023 3470 923
  • Worcester
  • 028 5143 929
  • Swellendam
  • 023 3161 304
  • Ceres

    SWELLENDAM SPAN

    Dr Johan Blomerus

    Dr. Johan Blomerus

    Dr. Blomerus, algemeen bekend as "Blom", is in 1962 op De Doorns gebore.

    Lees Meer

    Hy voltooi sy skoolloopbaan in Durbanville en kwalifiseer in 1997 as 'n radioloog aan die Universiteit van Stellenbosch. Hierna verhuis dr. Blomerus en dr. Louw na Worcester om in 1998 saam met dr. Cronje Worcester Radiologie te stig.

    Werk: Spesiale belangstelling in Hepatobiliêre beelding.

    Tuis: Dr. Blomerus is met Rina getroud en het drie dogters Samari, Dala en Jana. Hulle geniet dit om 'n familie te wees in die rustige plattelandse atmosfeer van Worcester.

    Lewens filosofie: Elkeen van ons word op 'n spesifieke plek deur God geplaas om 'n verskil te maak deur dié om jou na die beste van jou vermoë te dien.

    Dr Nicola Louw

    Dr. Nicola Louw

    Nadat Dr. Louw haar studies voltooi het, was sy vir baie jare verbonde aan Windhoek, Namibia, se Staatshospitaal.

    Lees Meer

    Hier was sy eers werksaam as 'n intern en toe later as 'n Kerngeneeskundige.

    Sy keer egter terug na Kaapstad om te spesialiseer in diagnostiese radiologie en kwalifiseer in 1997.

    Hierna verhuis sy na Worcester en in 1998 sluit sy by die Worcester Radiologie span aan.

    Dr. Louw is veral geïnteresseerd in neurobeeldingstegnieke en mammografie.

    Sy hou daarvan om te reis en is 'n musiekliefhebber.

    Dr. Louw is getroud met Tertius en hulle het twee dogters.

    Dr. Riaan Joubert

    Dr Joubert het in 1991 na Worcester gekom as 'n mediese student wat praktiese ervaring moes opdoen in verloskunde.

    Lees Meer

    In 1994 keer hy weer terug na Worcester om sy internskap jaar te voltooi by Eben Dönges Hospitaal en besluit om aan te bly as 'n mediese beampte.

    Vanaf 1996 to 1998 werk hy in Engeland, Australië en Kanada in Hospitale en as 'n algemene praktisyn.

    In 2002 kwalifiseer Dr. Joubert as 'n radioloog by Tygerberg Hospitaal en sluit hy aan by die Worcester Radiologie span.

    Dr.Joubert geniet sy werk as radioloog en is veral geïnteresseerd in long beeldings ondersoeke.

    Hy geniet 'n verskeidenheid buitemuurse aktiwiteite en beskou homself as 'n toegewyde familie man.

    Dr Fred Cronje

    Dr. Fred Cronje

    Dr. Fred Cronje is in 1956 op Stellenbosch gebore waar hy sy skoolloopbaan in 1974 aan die Paul Roos Gimnasium voltooi.

    Lees Meer

    In 1980 kwalifiseer hy as mediese dokter. Na sy huisdokter jaar en 2 jaar militêre diensplig werk hy in 1984 as mediese beampte in Eben Dönges hospitaal in al die departemente, maar met 'n spesiale belangstelling in narkose.

    Vanaf Januarie 1985 tot Desember 1988 praktiseer hy in Indwe in die Noord-Oos-Kaap.

    In 1989 keer hy terug na Tygerberg hospitaal en kwalifiseer as radioloog in Desember 1992.

    Na 4 maande as konsultant by Tygerberg hospitaal begin hy sy loopbaan as privaat radioloog in Worcester op 1 Mei 1993.