• 023 3470 923
  • Worcester
  • 028 5143 929
  • Swellendam
  • 023 3161 304
  • Ceres

    PATIENT FEEDBACK

    Sommer net ’n briefie om baie dankie te sê vir die positiewe pienk mammogram-ervaring. Wat ’n verrassing was die pragtige pienk lig in die kamer, pienk “girly” bykomstighede en ’n warm vertrek – fisies sowel as geestelik. Toe ek Marisa se stem hoor roep: “Mevrou!” het ek geweet my borsies en hart is in ’n veilige omgewing. Kfm op die radio en die bont jurkie was HEERLIK en dit was só lekker om te sien die blou hospitaalpakkie en stilte met vreesaanjaende beelde en vrees in jou binneste het plek gemaak vir hoop en positiwiteit. Dankie vir jul reuserol in die Boland-omgewing en mag God jul werk ryklik seën.

    CDB

    Baie dankie vir die uitstekende manier waarop julle met kinders werk. My seuntjie was daar met ‘n gebreekte arm en my vrees dat dit ‘n nagmerrie sou wees, was heeltemal verniet danksy die dames se kindervriendelikheid.

    Elana van der Watt

    Ek was 24/4/2018 vir n mammogram by u praktyk. Ek was so beindruk met Dedrei se diens. Sy is profesioneel, rustig en jy weet elke oomblik waarmee en waarom sy sekere dinge doen. Dit was die beste behandeling wat ek nog ooit by julle praktyk ondervind het.
    Well Done Deidre jy is n ster.

    Maria Magdalena Erasmus

    Hou so aan met die goeie werk!

    Jana de Kock

    I would just like to thank Marisa for her patience and love she showed towards my girl and myself. It was no easy task getting her to stay still for the x-rays but you handled it like a pro and put this nervous mommy at ease.

    Amy

    Baie dankie vir julle goeie en vriendelike diens.

    Liko Vermeulen