Ek was vandag by Worcester

Ek was vandag by Worcester Radiologie vir my eerste mammogram. Noodafspraak, want ek het twee knoppe in my regterbors. Dit is siste – so, so, so dankbaar. Het soos ’n swaard bo my kop gehang en my lewe vir amper ’n week nou, tot stilstand gebring. Ek is deur ’n absolute engel behandel vandag. Met liefde, gerusstelling, meelewing en soveel menswees en vrouwees. Hand vashou en drukkies toe dit goeie nuus was. Haar naam is Marisa. ’n Absolute juweel van ’n mens, wat alles net makliker gemaak het toe dit moeilik was. Ek wil graag hê, dat drs. Blomerus en Joubert en die res van hulle span moet weet dat hulle ’n engelmens onder hulle dak het, wat ek glo hulle reeds seker moet weet. Ek is so so dankbaar vanaand; nie net vir goeie nuus nie, maar vir Marisa.