




Welkom by Worcester Radiologie
Ons is 'n private radiologie praktyk wat in Worcester in die Wes-Kaap gebaseer is. Ons het ook takke in Ceres en Swellendam.
Ons strewe daarna om pasiënte te voorsien van die beste radiologiese dienste en sorg. Dit is waarom ons gebruik maak van die mees gevorderde radiologiese toerusting beskikbaar. Dit stel ons in staat om 'n spoedige sowel as betroubare diens te lewer aan ander mediese professies, alles tot voordeel van die pasiënt.
Graag nooi ons u uit om ons webblad te besoek en self uit te vind wie ons is en watter dienste ons aan u kan lewer.
