• 023 3470 923
  • Worcester
  • 028 5143 929
  • Swellendam
  • 023 3161 304
  • Ceres
  • 028 050 2266

  • Robertson

    ‘Dit is nie ons werk om lewens te red nie maar om dokters te help sien’

    April 2, 2018

    Leerders van Worcester Gimnasium wat belangstel in ’n loopbaan in radiografie het onlangs besoek afgelê by Worcester Radiologie.

    Interessante gesprekke oor beskikbare tegnologie, kwalifikasies en werksure is gevoer, maar ’n vraag oor ’n radiografis se ervaring van trauma-gevalle het baie insig gegee in die kruks van die beroep: dat ’n radiografis ’n baie spesifieke rol in die diagnostiese proses vertolk en dat die verantwoordelikheid om dit effektief te doen baie groot is.

    “Dit is soms vir ’n mens erg,” het Melanie gesê oor voorvalle waar pasiënte byvoorbeeld ernstig beseer is, “maar jy werk vinnig en effektief, want dit is jou werk en dit is waarvoor jy opgelei is. Onthou, dit is nie ons werk om lewens te red nie, maar om dokters te help sien – so vinnig as moontlik – sodat hulle weet presies wat om te doen om die pasiënte se lewens te red.”

    Wat wel ’n groot impak op haar maak, is kinders by wie kanker byvoorbeeld gediagnoseer word, of wat seergekry het. “Maar ons as kollegas, wat almal weet waaroor dit gaan, gesels baie met mekaar en dit help om te ontlaai,” het sy gesê.

    Megan, ’n radiografis en “toergids” tydens die besoek, het oor die onderskeie modaliteite soos X-strale, RT- en MR-skanderings gepraat en die werking van die verskillende apparaat verduidelik.

    Sy het ook verduidelik waarom iemand wat mammogramme uitvoer ’n addisionele kwalifikasie moet hê (om te verseker die radiografis wat dit uitvoer het genoeg gespesialiseerde kennis om nie tekens van borskanker mis te kyk nie), gedemonstreer hoe sonarbeelding gedoen word en ’n reeks beelde van verskillende dele van die liggaam, en met verskillende masjiene geneem, vertoon vir ’n praktiese oefening.

    Alle radiograwe moet by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (HPCSA) geregistreer wees, wat vereis dat hulle by ’n HPCSA-geakkrediteerde instelling studeer. Vir meer inligting oor radiografie-kwalifikasies wat in Suid-Afrika beskikbaar is, klik hier:

    Share this article

    Nuus Argiewe

    Worcester Radiologie sluit aan by SCP Radiologie’n Eie resepteboek om 2020 af te sluitWorcester Radiology opens fourth practice, in RobertsonOf course we worked on Mandela Day!Worcester Radiologie deel van Covid-19-noodverligtingRoetine prosedures terug na normaal – maar met ekstra maatreëlsCOVID-19: Important notice to patients visiting the practiceWRAD-span en Kersvader kuier weer in AvianparkProud to support Woman of Hope’s first public eventBecause it’s all about the teamAs borskanker in jou gene is…Eerste mammogram? Dít is wat om te verwagKoronêre RT-angiografie by Worcester RadiologieBeurse by Worcester Radiologie: Só werk ditWaarom moet ek ’n sonar ná my mammogram kry?WRAD-span stik 160 matrasslope vir MandeladagSewe dinge wat alle vroue van osteoporose moet weetAny questions? Learn more about your next scanTwee dekades in SwellendamTeam WRAD shows support for local hockeyWorcester Radiologie kies ‘Biggest Loser’Ontmoet Worcester Radiologie se span in CeresKersprojek 2018: WRAD-span besoek AvianparkWêreldradiologiedag: Wat jy moet weet oor radiologieRolling up our sleeves for Mandela Day 2018‘Ek was geseënd om dit vroeg op te spoor’Waarom moet ek weet wat osteoporose is?Osteoporose: Leer meer en laat jou toets‘Dit is nie ons werk om lewens te red nie maar om dokters te help sien’Dr. Fred Cronje groet ná 25 jaarTime for a screening of a different kind, ladiesJou lyf en gesondheid: Wat tegnologie jou nou kan laat sien100 Kersgeskenke vir AwendrusGetting eyeballs on the CANSA cause