• 023 3470 923
  • Worcester
  • 028 5143 929
  • Swellendam
  • 023 3161 304
  • Ceres
  • 028 050 2266

  • Robertson

    WRAD-span en Kersvader kuier weer in Avianpark

    December 4, 2019
    Worcester Radiologie se Kersprojek vir 2019 was weer eens ’n besoek aan Avianpark in Worcester vir ’n partytjie vir die Lena Johnson Care House-sopkombuis se kinders.

    Worcester Radiologie dra tot dié sopkombuis se lopende kostes by deur die NG gemeente Worcester-Vallei, en is een van verskeie plaaslike instansies en individue wat die sopkombuis maandeliks ondersteun.

    ’n Paar personeellede van die praktyk het die partytjie saam met jongmense van die gemeente by die Avianpark-bibilioteek gaan aanbied. Dr. Johan Blomerus was Kersvader, die kinders het die Kersverhaal gekyk, lekker geëet, ‘n nuwe kosblik en ‘n klein geskenkpakkie elk ontvang.

    Die vrou wat die sopkombuis aan die gang hou, Lena Johnson, maak weekliks vir sowat 100 kinders van Avianpark kos. Hoewel sy ‘n groot terugslag ervaar het vroeër die jaar (toe dwaalkoeëls haar in die arm en kaak getref het), is sy steeds voluit met haar sopkombuis aan die gang omdat sy geroepe voel om dit te doen.

    Worcester Radiologie is trots om te kon bydra tot Lena se behandeling en ook om die Lena Johnson Care House as een van sy verskeie gemeenskapsprojekte te ondersteun.

    Share this article

    Nuus Argiewe

    Worcester Radiologie sluit aan by SCP Radiologie’n Eie resepteboek om 2020 af te sluitWorcester Radiology opens fourth practice, in RobertsonOf course we worked on Mandela Day!Worcester Radiologie deel van Covid-19-noodverligtingRoetine prosedures terug na normaal – maar met ekstra maatreëlsCOVID-19: Important notice to patients visiting the practiceWRAD-span en Kersvader kuier weer in AvianparkProud to support Woman of Hope’s first public eventBecause it’s all about the teamAs borskanker in jou gene is…Eerste mammogram? Dít is wat om te verwagKoronêre RT-angiografie by Worcester RadiologieBeurse by Worcester Radiologie: Só werk ditWaarom moet ek ’n sonar ná my mammogram kry?WRAD-span stik 160 matrasslope vir MandeladagSewe dinge wat alle vroue van osteoporose moet weetAny questions? Learn more about your next scanTwee dekades in SwellendamTeam WRAD shows support for local hockeyWorcester Radiologie kies ‘Biggest Loser’Ontmoet Worcester Radiologie se span in CeresKersprojek 2018: WRAD-span besoek AvianparkWêreldradiologiedag: Wat jy moet weet oor radiologieRolling up our sleeves for Mandela Day 2018‘Ek was geseënd om dit vroeg op te spoor’Waarom moet ek weet wat osteoporose is?Osteoporose: Leer meer en laat jou toets‘Dit is nie ons werk om lewens te red nie maar om dokters te help sien’Dr. Fred Cronje groet ná 25 jaarTime for a screening of a different kind, ladiesJou lyf en gesondheid: Wat tegnologie jou nou kan laat sien100 Kersgeskenke vir AwendrusGetting eyeballs on the CANSA cause