• 023 3470 923
  • Worcester
  • 028 5143 929
  • Swellendam
  • 023 3161 304
  • Ceres
  • 028 050 2266

  • Robertson

    Waarom moet ek weet wat osteoporose is?

    May 31, 2018

    Artikel oorspronklik gepubliseer in: Worcester Standard, 31 Mei 2018

    Volgens die Internasionale Stigting vir Osteoporose (IOF) toon huidige wêreldstatistieke dat een uit elke drie vroue en een uit elke vyf mans ouer as 50 frakture weens dié siekte sal opdoen. Daar is egter maniere om sekere risikofaktore selfs van ’n jong ouderdom af te beperk en beengesondheid aan te help, sê die stigting.

    Wat is osteoporose?

    Osteoporose is die aftakeling van beendigtheid totdat die been poreus is en maklik breek. Omdat beendigtheid stelselmatig en ongesiens afneem namate ’n mens ouer word, word osteoporose volgens die Suid-Afrikaanse Stigting vir Osteoporose (NOFSA) dikwels eers gediagnoseer wanneer ouer pasiënte ’n fraktuur opdoen en hul beweeglikheid of onafhanklikheid geaffekteer word.

    Risikofaktore

    Sekere risikofaktore kan nie verander word nie, soos geslag, ouderdom en die pasiënt se familiegeskiedenis. Ander kan egter van jongs af beperk word om osteoporosefrakture te probeer vermy, sê die IOF: swak dieet, ’n onaktiewe leefstyl, té lae liggaamsgewig en eetsteurnisse, rook en oormatige alkoholgebruik.

    Voorkoming

    ’n Voedsame dieet en aktiewe leefstyl is van die grootste voorsorgmaatreëls wat ’n mens kan tref. Mareli Conradie, ’n plaaslike dieetkundige, sê genoegsame kalsium en vitamien D is noodsaaklik. Omdat beendigtheid ’n piek bereik in ’n mens se twintigs, moet die inname van dié voedingstowwe van kleins af deel van ’n gebalanseerde dieet wees, maar natuurlik ook daarna volgehou word. Vermy ook oormatige inname van alkohol en kafeïen.

    Hermien Kruger, ’n biokinetikus, sê gereelde gewigdraende oefening en aktiwiteite wat spiere versterk, dra by tot die bou en handhawing van beendigtheid. Ander voordele van gereelde oefening is verbeterde spiertonus, postuur en balans, wat as sulks die risiko vir val en moontlike frakture verlaag. Dit is egter belangrik om ’n kundige te raadpleeg oor veiligheid vóór jy begin oefen, veral as jy reeds gevaar loop om frakture op te doen.

    Toetsing

    Dr. Johan Blomerus van Worcester Radiologie sê verskeie metodes kan gebruik word om beenmineraaldigtheid te toets by pasiënte wat deur hul dokter daarvoor verwys word. Die mees algemene metode is ’n DEXA-skandering wat met X-straaltegnologie werk en beendigtheid in die ruggraat en heupe meet. Die uitslae word gekombineer met ander faktore om die risiko vir frakture asook die gepaste behandeling te bepaal.

    Behandeling en bestuur

    Die IOF sê ’n diagnose hoef nie ’n vonnis te wees nie. “Die regte medikasie en leefstylveranderinge kan jou help om osteoporose te bestuur en steeds ’n aktiewe lewe te lei.”

    Roetine siftingstoetse word aanbeveel vir vroue bo 65 en mans bo 70, tensy ander risikofaktore toetsing op ’n jonger ouderdom vereis. Raadpleeg jou dokter vir persoonlike advies.

    Addisionele bronne: www.iofbonehealth.org en www.osteoporosis.org.

    Share this article

    Nuus Argiewe

    Worcester Radiologie sluit aan by SCP Radiologie’n Eie resepteboek om 2020 af te sluitWorcester Radiology opens fourth practice, in RobertsonOf course we worked on Mandela Day!Worcester Radiologie deel van Covid-19-noodverligtingRoetine prosedures terug na normaal – maar met ekstra maatreëlsCOVID-19: Important notice to patients visiting the practiceWRAD-span en Kersvader kuier weer in AvianparkProud to support Woman of Hope’s first public eventBecause it’s all about the teamAs borskanker in jou gene is…Eerste mammogram? Dít is wat om te verwagKoronêre RT-angiografie by Worcester RadiologieBeurse by Worcester Radiologie: Só werk ditWaarom moet ek ’n sonar ná my mammogram kry?WRAD-span stik 160 matrasslope vir MandeladagSewe dinge wat alle vroue van osteoporose moet weetAny questions? Learn more about your next scanTwee dekades in SwellendamTeam WRAD shows support for local hockeyWorcester Radiologie kies ‘Biggest Loser’Ontmoet Worcester Radiologie se span in CeresKersprojek 2018: WRAD-span besoek AvianparkWêreldradiologiedag: Wat jy moet weet oor radiologieRolling up our sleeves for Mandela Day 2018‘Ek was geseënd om dit vroeg op te spoor’Waarom moet ek weet wat osteoporose is?Osteoporose: Leer meer en laat jou toets‘Dit is nie ons werk om lewens te red nie maar om dokters te help sien’Dr. Fred Cronje groet ná 25 jaarTime for a screening of a different kind, ladiesJou lyf en gesondheid: Wat tegnologie jou nou kan laat sien100 Kersgeskenke vir AwendrusGetting eyeballs on the CANSA cause