• 023 3470 923
  • Worcester
  • 028 5143 929
  • Swellendam
  • 023 3161 304
  • Ceres
  • 028 050 2266

  • Robertson

    Dr. Fred Cronje groet ná 25 jaar

    February 28, 2018

    Dit is moeilik om te glo dat radiologie in Mediclinic se begindae net uit X-strale, sonar en deurligting bestaan het. Dit is ewe moeilik om te glo dat die man wat die praktyk destyds saam met dr. EP Bouwer gevestig het, vanjaar ná 25 jaar sal groet.

    Dr. Fred Cronje tree in Junie 2018 af nadat hy in 1993 by dr. Bouwer aangesluit het en vertel van die interessante maniere waarop radiologie die afgelope kwarteeu verander het.

    Tegnologie

    Nuwe tegnologie het dr. Cronje soms verwonderd gehad. “Toe ek in 1989 radiologie by Tygerberg begin doen het, was sonar redelik nuut. Vir die vorige 80 jaar was radiologie maar gewone X-strale. En daardie jare moes ons nog kleurstof in mense se are spuit vir byvoorbeeld venografie wat later deur Doppler-ultraklank vervang is.”

    Die eerste mammogrammasjien het dus feitlik saam met dr. Cronje by die praktyk gearriveer. Die eerste RT-masjien (CT scanner) is in 1995 in gebruik geneem en veel later, eers in 2000, kon die liggaam vir die eerste keer in 3D gebeeld word.

    Die MR-masjien, wat selfs duideliker beelding doen en op ’n heel ander wetenskaplike beginsel as X-strale werk (magnetiese resonansie), was ’n reusestap vir die praktyk, want dit is duur tegnologie en die hoeveelheid pasiënte onvoorspelbaar.

    RT en MR is egter hier om te bly en die praktyk het intussen die MR-masjien vervang en al drie keer die RT-masjien vervang met meer tegnologies gevorderde apparaat. Dienste sluit vandag komplekse intervensionele radiologie in en die jongste tendense in die mediese wetenskap word fyn dopgehou.

    Die praktyk en die vennote

    Grootskaalse uitbreidings is vanselfsprekend (dr. Bouwer en dr. Cronje het aanvanklik een kantoor en selfs die lessenaar met hul ligkaste in die middel van die vertrek gedeel).

    Ander mylpale in dr. Cronje se tyd was toe dr. Johan Blomerus en dr. Nicola Louw in 1998, met dr. Bouwer se uittrede, by die praktyk aangesluit het. Dr. Riaan Joubert het in 2002 hier begin. Worcester Radiologie het ook in 1995 ’n praktyk in Ceres oopgemaak met die opening van die Ceres-privaathospitaal. In 1998 het hulle na Swellendam uitgebrei.

    Sy persepsie van radiologie

    “Toe ek radiologie gaan doen het, het ek nie eintlik geweet wat dit is nie. Ek het gedog jy sit net en prentjies kyk, maar daar was baie meer in die vakgebied, soos biopsies en moeilike prosedures. Dit is ’n baie groot veld en jy moet die hele liggaam baie goed ken. En dít maak dit nogal erg.”

    Die moderne, meer praktiese aard van radiologie het dr. Cronje egter soos ’n handskoen gepas, juis omdat hy daarvan hou om met sy hande te werk.

    Nou is hy gereed vir ’n stiller lewe ná aftrede. Al wat al seker is, is sy nuwe tuiste in Stilbaai. “Ek het baie planne, maar ek het eintlik geen idee wat ek gaan doen nie.”

    ’n Laaste woordjie oor Worcester Radiologie

    “Hier is nou baie mense by die praktyk met ’n absolute passie vir dienslewering en hulle gemeenskap.

    “Ons streef daarna om altyd diens te lewer van die hoogste moontlike gehalte, met die beste beskikbare tegnologie, en ek wens my kollegas voorspoed toe met die voortsetting van dié taak.”

    Share this article

    News Archive

    Worcester Radiologie sluit aan by SCP Radiologie‘n Eie resepteboek om 2020 af te sluitWorcester Radiology opens fourth practice, in RobertsonOf course we worked on Mandela Day!Worcester Radiologie deel van Covid-19-noodverligtingRoetine prosedures terug na normaal – maar met ekstra maatreëlsCOVID-19: Important notice to patients visiting the practiceWRAD-span en Kersvader kuier weer in AvianparkProud supporter of Woman of Hope’s first public eventBecause it’s all about the teamAs borskanker in jou gene is…Eerste mammogram? Dít is wat om te verwagKoronêre RT-angiografie by Worcester RadiologieBeurse by Worcester Radiologie: Só werk ditWaarom moet ek ’n sonar ná my mammogram kry?WRAD-span stik 160 matrasslope vir MandeladagSewe dinge wat alle vroue van osteoporose moet weetAny questions? Learn more about your next scanTwee dekades in SwellendamTeam WRAD shows support for local hockeyWorcester Radiologie kies ‘Biggest Loser’Ontmoet Worcester Radiologie se span in CeresKersprojek 2018: WRAD-span besoek AvianparkWêreldradiologiedag: Wat jy moet weet van radiologieRolling up our sleeves for Mandela Day 2018‘Ek was geseënd om dit vroeg op te spoor’Waarom moet ek weet wat osteoporose is?Osteoporose: Leer meer en laat jou toets‘Dit is nie ons werk om lewens te red nie maar om dokters te help sien’Dr. Fred Cronje groet ná 25 jaarTime for a screening of a different kind, ladiesJou lyf en gesondheid: Wat tegnologie jou nou kan laat sien100 Kersgeskenke vir AwendrusGetting eyeballs on the CANSA cause