• 023 3470 923
  • Worcester
  • 028 5143 929
  • Swellendam
  • 023 3161 304
  • Ceres
  • 028 050 2266

  • Robertson

    WRAD-span stik 160 matrasslope vir Mandeladag

    July 19, 2019

    Van X-straalmasjiene kan jy hulle nie veel leer nie, maar naaldwerkmasjiene is ’n ander storie. Gelukkig het die dames van Worcester Radiologie reguit stik gou genoeg onder die knie gekry om in een dag 160 splinternuwe slope vir kindermatrassies te maak.

    Dit is die derde jaar dat die praktyk die ACVV Bollieland Crèche as Mandeladag-projek kies. Twee groot klaskamers (en hulle meubels) is in 2017 en 2018 onderskeidelik uitgeverf. Vanjaar was die grootste behoefte nuwe, duursame matrasslope waarop die kleintjies kan slaap en wat maklik gewas kan word.

    Worcester Radiologie het altesaam 180 m material aangekoop en geskenk en elke personeellid wat gehelp het, het minstens twee ure se werk bygedra.

    Vorige projekte

    Die praktyk het ’n lang geskiedenis van gemeenskapsbetrokkenheid. Die Lena Johnson Care House-sopkombuis is een so ’n voorbeeld, waar die praktyk saam met die NG gemeente Worcester-Vallei ’n maandelikse bydrae maak om 150 kinders gevoed te hou. Lena was onlangs in die nuus toe dwaalkoeëls haar in die hand en kaak getref het. Dr. Johan Blomerus, een van die radioloë by Worcester Radiologie, was instrumenteel in die proses om die skade aan haar kaak te bepaal (beelding is by die praktyk gedoen) en te reël dat prof. Frans Grotepass, ’n bekende kaak- en mondchirurg, dit gratis heg.

    Verlede jaar se Kerspartytjie vir behoeftige kinders, wat reeds ’n jaarlikse instelling by Radiologie is, was ook vir die kinders na wie Lena omsien.

    Die Kibbutz El-Shammah in Riverview en Linda Sibeko se sopkombuis in Zwelethemba is nog twee liefdadigheidsorganisasies wat op ’n deurlopende basis finansiële en/of kosskenkings van die praktyk ontvang.

    En soms kom ’n eenmalige projek oor ’n spanlid se pad, waarby kollegas altyd graag inval. Deelname aan die CANSA Relay for Life, skoenboks-geskenke vir die Awendrus-ouetehuis en ’n borgskap vir hokkie-ontwikkeling by Worcester Gimnasium is paar hiervan.

    Die vennote by Worcester Radiologie glo dat geen onderneming sonder sy gemeenskap kan bestaan nie en daarom is gemeenskapsbetrokkenheid een van hulle belangrike prioriteite.

    Hier is ’n paar foto’s van Mandeladag 2019:

    Besoek ons Gemeenskapswerk-blad vir inligting en foto’s van Worcester Radiologie se ander projekte.

    Share this article

    News Archive

    Worcester Radiologie sluit aan by SCP Radiologie‘n Eie resepteboek om 2020 af te sluitWorcester Radiology opens fourth practice, in RobertsonOf course we worked on Mandela Day!Worcester Radiologie deel van Covid-19-noodverligtingRoetine prosedures terug na normaal – maar met ekstra maatreëlsCOVID-19: Important notice to patients visiting the practiceWRAD-span en Kersvader kuier weer in AvianparkProud supporter of Woman of Hope’s first public eventBecause it’s all about the teamAs borskanker in jou gene is…Eerste mammogram? Dít is wat om te verwagKoronêre RT-angiografie by Worcester RadiologieBeurse by Worcester Radiologie: Só werk ditWaarom moet ek ’n sonar ná my mammogram kry?WRAD-span stik 160 matrasslope vir MandeladagSewe dinge wat alle vroue van osteoporose moet weetAny questions? Learn more about your next scanTwee dekades in SwellendamTeam WRAD shows support for local hockeyWorcester Radiologie kies ‘Biggest Loser’Ontmoet Worcester Radiologie se span in CeresKersprojek 2018: WRAD-span besoek AvianparkWêreldradiologiedag: Wat jy moet weet van radiologieRolling up our sleeves for Mandela Day 2018‘Ek was geseënd om dit vroeg op te spoor’Waarom moet ek weet wat osteoporose is?Osteoporose: Leer meer en laat jou toets‘Dit is nie ons werk om lewens te red nie maar om dokters te help sien’Dr. Fred Cronje groet ná 25 jaarTime for a screening of a different kind, ladiesJou lyf en gesondheid: Wat tegnologie jou nou kan laat sien100 Kersgeskenke vir AwendrusGetting eyeballs on the CANSA cause