• 023 3470 923
  • Worcester
  • 028 5143 929
  • Swellendam
  • 023 3161 304
  • Ceres
  • 028 050 2266

  • Robertson

    Roetine prosedures terug na normaal – maar met ekstra maatreëls

    June 12, 2020

    Pasiënte vir wie roetine siftingstoetse soos jaarlikse mammogramme en beendigtheidstoetse belangrik is, hoef geensins bekommerd te wees dat dit hierdie jaar agterweë sal moet bly nie.

    Hierdie prosedures, asook ander algemene prosedures soos X-strale, RT- en MR-skanderings, gaan voort by Worcester Radiologie. Alle afsprake wat vroeër weens die inperking uitgestel moes word, is ook reeds ingehaal en nuwe afsprake word daagliks gemaak.

    Pasiënte kan gerus wees dat ’n omvattende veiligheidsprotokol vir die praktyk ontwikkel is en streng toegepas word te midde van Covid-19 in die gemeenskap. Die streng veiligheidsprotokol van Mediclinic word ook te alle tye gehandhaaf.

    Om persoonlike veiligheid te verseker, is die volgende maatreëls onder meer ingestel:

    • Buitepasiënte en pasiënte wat in Mediclinic Worcester opgeneem is, word op verskillende tye van die dag by die Worcester Radiologie-praktyk geakkommodeer sodat hulle nie oorvleuel nie. Buitepasiënte se afsprake word daagliks tussen 10:00 en 12:00 asook tussen 14:00 en 16:00 gemaak.

    • Slegs een afspraak per uur per prosedure word gemaak om te verseker dat pasiëntgetalle in die wagkamer beperk word.

    • Alle toerusting word deurgaans tussen pasiënte gesaniteer.

    • ‘n Professionele diensverskaffer saniteer weekliks die praktyk in geheel.

    • Ons dokters, radiografiste en ondersteunende personeel dra te alle tye gesigmaskers en streng protokol geld steeds vir sanitering en die vervanging van beskermende toerusting tussen die hantering van verskillende pasiënte.

    • As voorsorg ondergaan alle pasiënte sifting met hul aankoms by die praktyk. Dit behels die neem van hul liggaamstemperatuur en die invul van ’n vraelys.

    • Alle personeellede ondergaan ook daaglikse sifting deur die neem van hul temperatuur en die invul van ’n vraelys wanneer hulle aanmeld vir diens.

    • Algemene veiligheidsmaatreëls soos die verpligte dra van gesigmaskers wat te alle tye die neus en mond bedek, handsanitering by aankoms en fisiese afstand tussen pasiënte is natuurlik ook by die praktyk geldig.

    • Ons versoek pasiënte om alleen vir hul afsprake te kom, tensy hulle bystand nodig het, om besoekers aan die praktyk tot die absolute minimum te beperk.

    Drs. Louw, Blomerus en Joubert wil mense die versekering gee dat die veiligheid van pasiënte nog altyd ’n topprioriteit was en ook in die tyd van Covid-19 ononderhandelbaar sal bly. Ons is dankbaar om weer ten volle aandag te kan gee aan alle aspekte van pasiënte se gesondheid en sê graag dankie aan ons pasiënte vir hulle geduld.

    Om ’n afspraak te maak, bel 023 347 0923.

    Share this article

    News Archive

    Worcester Radiologie sluit aan by SCP Radiologie‘n Eie resepteboek om 2020 af te sluitWorcester Radiology opens fourth practice, in RobertsonOf course we worked on Mandela Day!Worcester Radiologie deel van Covid-19-noodverligtingRoetine prosedures terug na normaal – maar met ekstra maatreëlsCOVID-19: Important notice to patients visiting the practiceWRAD-span en Kersvader kuier weer in AvianparkProud supporter of Woman of Hope’s first public eventBecause it’s all about the teamAs borskanker in jou gene is…Eerste mammogram? Dít is wat om te verwagKoronêre RT-angiografie by Worcester RadiologieBeurse by Worcester Radiologie: Só werk ditWaarom moet ek ’n sonar ná my mammogram kry?WRAD-span stik 160 matrasslope vir MandeladagSewe dinge wat alle vroue van osteoporose moet weetAny questions? Learn more about your next scanTwee dekades in SwellendamTeam WRAD shows support for local hockeyWorcester Radiologie kies ‘Biggest Loser’Ontmoet Worcester Radiologie se span in CeresKersprojek 2018: WRAD-span besoek AvianparkWêreldradiologiedag: Wat jy moet weet van radiologieRolling up our sleeves for Mandela Day 2018‘Ek was geseënd om dit vroeg op te spoor’Waarom moet ek weet wat osteoporose is?Osteoporose: Leer meer en laat jou toets‘Dit is nie ons werk om lewens te red nie maar om dokters te help sien’Dr. Fred Cronje groet ná 25 jaarTime for a screening of a different kind, ladiesJou lyf en gesondheid: Wat tegnologie jou nou kan laat sien100 Kersgeskenke vir AwendrusGetting eyeballs on the CANSA cause