• 023 3470 923
  • Worcester
  • 028 5143 929
  • Swellendam
  • 023 3161 304
  • Ceres
  • 028 050 2266

  • Robertson

    Ontmoet Worcester Radiologie se span in Ceres

    January 29, 2019

    Worcester Radiologie se praktyk by Mediclinic Worcester is alombekend by pasiënte wat dié hospitaal besoek of deur dokters in die omliggende streke vir diagnostiese beelding verwys word.

    ’n Minder bekende feit is egter dat die praktyk ook satellietpraktyke in Ceres en Swellendam het, waar algemene X-strale en mammogramme gedoen word.

    Die praktyk in Ceres is in 1995 reeds op die been gebring en is by die Netcare Ceres Hospitaal geleë.

    Die span bestaan tans uit drie personeellede. Administratiewe werk is in Bronwyn Booysen-Khan se hande. Sy werk al vyf jaar in die praktyk en hanteer pasiënte se afsprake, eise en ander administratiewe take. Christa Swanepoel hanteer algemene X-strale en is die afgelope drie jaar deel van die span. Mammogramme word in Ceres gedoen deur Riette Basson. Sy is al tien jaar by Worcester Radiologie se praktyk in dié dorp.

    Mammografie

    Mammografie is die mees gewilde beeldingsmodaliteit wat die afgelope 40 jaar gebruik word in die opsporing van borskanker. Digitale mammografie is ’n X-straategniek wat gebruik maak van laedosis X-strale om die borste te verbeeld. Rekenaars en digitale detektors word gebruik om beelde te skep wat op hoëresolusie-monitors waargeneem word en daarna soos enige rekenaarlêer gestoor word.

    Die modaliteit kan gebruik word as siftingsmetode wanneer dames geen tekens of simptome toon wat op borskanker dui nie, of as diagnostiese hulpmiddel wanneer daar wel simptome, soos ’n tasbare massa, teenwoordig is.

    ’n Mammogram word altyd uitgevoer deur ’n radiografis wat ’n addisionele kwalifikasie spesifiek daarvoor het. Nadat dit in Ceres geneem is, word mammogram-beelde deur Worcester Radiologie se span van drie radioloë in Worcester geïnterpreteer. Protokol sal dan gevolg en die regte hulp ingeroep word wanneer ’n potensiële probleem raakgesien word. (Dit is egter belangrik om te onthou dat elke pasiënt anders is en dat ’n mammogram slegs ’n vertrekpunt is vir ’n proses wat van pasiënt tot pasiënt kan verskil.)

    Om die vroeë opsporing van moontlike tekens van borskanker te bevorder, word jaarlikse mammogramme aanbeveel vir vroue bo 40. Dit kan uitgevoer word sonder ’n verwysingsbrief van ’n ander dokter, hoewel dit altyd raadsaam is om persoonlike advies by jou geneesheer te kry.

    Ander dienste

    X-strale by ons praktyk in Ceres, met na-ure dienstye vir noodgevalle, word óók deur Worcester Radiologie se radioloë geïnterpreteer.

    Ander beeldingsmodaliteite is by Worcester Radiologie se praktyk in Worcester beskikbaar. Klik hier vir ’n volledige uiteensetting van die beskikbare dienste.

    Die praktyk in Ceres is geleë by die Netcare Ceres Hospitaal by Faurestraat 2. Dit kan bereik word by 023 316 1304. Besoek ook Worcester Radiologie se webwerf by www.wrad.co.za.

    Raadpleeg altyd jou dokter vir persoonlike advies en meer inligting.

    Share this article

    News Archive

    Worcester Radiologie sluit aan by SCP Radiologie‘n Eie resepteboek om 2020 af te sluitWorcester Radiology opens fourth practice, in RobertsonOf course we worked on Mandela Day!Worcester Radiologie deel van Covid-19-noodverligtingRoetine prosedures terug na normaal – maar met ekstra maatreëlsCOVID-19: Important notice to patients visiting the practiceWRAD-span en Kersvader kuier weer in AvianparkProud supporter of Woman of Hope’s first public eventBecause it’s all about the teamAs borskanker in jou gene is…Eerste mammogram? Dít is wat om te verwagKoronêre RT-angiografie by Worcester RadiologieBeurse by Worcester Radiologie: Só werk ditWaarom moet ek ’n sonar ná my mammogram kry?WRAD-span stik 160 matrasslope vir MandeladagSewe dinge wat alle vroue van osteoporose moet weetAny questions? Learn more about your next scanTwee dekades in SwellendamTeam WRAD shows support for local hockeyWorcester Radiologie kies ‘Biggest Loser’Ontmoet Worcester Radiologie se span in CeresKersprojek 2018: WRAD-span besoek AvianparkWêreldradiologiedag: Wat jy moet weet van radiologieRolling up our sleeves for Mandela Day 2018‘Ek was geseënd om dit vroeg op te spoor’Waarom moet ek weet wat osteoporose is?Osteoporose: Leer meer en laat jou toets‘Dit is nie ons werk om lewens te red nie maar om dokters te help sien’Dr. Fred Cronje groet ná 25 jaarTime for a screening of a different kind, ladiesJou lyf en gesondheid: Wat tegnologie jou nou kan laat sien100 Kersgeskenke vir AwendrusGetting eyeballs on the CANSA cause