• 023 3470 923
  • Worcester
  • 028 5143 929
  • Swellendam
  • 023 3161 304
  • Ceres
  • 028 050 2266

  • Robertson

    Eerste mammogram? Dít is wat om te verwag

    October 20, 2019

    Miskien het jy al van ’n mammogram gehoor en miskien het jy selfs ’n goeie idee van wat dit is. Maar die kans is ook goed dat jy ’n paar vrae of onsekerhede het as jy nog nooit voorheen een laat doen het nie. Dít is wat om te verwag:

    ’n Mammogram is ’n spesifieke soort radiologiese beeld; ’n X-straal van jou borsweefsel waarop dokters vir enige abnormaliteite kan kyk. Dit kan ongewone massas, verkalking, velverdikking of sigbare kliere insluit.

    Die beeld word verkry deur die bors tussen twee plate af te neem. Die bors moet tussen dié twee plate saamgepers word om dit so plat as moontlik te kry en so groot as moontlik uit te sprei. Hoekom? Want hoe “vlakker” die weefsel is, hoe meer kan gesien word as die X-straal daardeur gestuur word.

    Dit is ook belangrik dat so veel as moontlik van die borsweefsel tussen die twee plate ingekry word. Jy sal dus met jou bolyf baie styf teenaan die mammogrammasjien staan, jou arm uit die pad gelig, terwyl ’n radiografis jou bors ietwat tussen die plate in “trek” voor druk toegepas word.

    In goeie hande

    As pasiënt kan jy gerus wees oor die prosedure, omdat die masjien en die radiografis saamwerk om dit optimaal uit te voer: Die masjien bepaal die punt waar daar genoeg kompressie is vir ’n goeie beeld, maar met so min as moontlik bestraling. Verder het radiografiste wat mammogramme doen, ’n spesiale kwalifikasie daarvoor nodig en het hulle dus addisionele opleiding daarvoor ondergaan.

    Vroue wat ’n mammogram ondergaan, ervaar ongemak terwyl druk op die bors toegepas word. Sê altyd vir die radiografis as jy pyn ervaar. Probeer ook om jou mammogram te skeduleer vir wanneer jou borste nie geswel of teer is nie. Afgesien van hoër ongemak, kan swelling ook die gehalte van die beelde beïnvloed.

    Tydens ’n roetine mammogram sal daar twee beelde van elke bors geneem word. Omdat korrekte posisionering so belangrik is, neem dit langer as die X-straal self, wat maar ’n paar sekondes per beeld in beslag neem (die drukking op die bors is dus ook van korte duur!).

    Indien jy ’n diagnostiese mammogram ondergaan, kan meer beelde moontlik nodig wees van die area wat ondersoek moet word en die proses kan langer neem.

    Afhangend van wat op die mammogram gesien word, kan ’n sonar dalk ná die mammogram nodig wees. Andersins sal die beelde na die dokter van jou keuse gestuur word nadat ons radioloë dit geïnterpreteer en notas vir jou dokter gemaak het.

    *Vir meer inligting en persoonlike advies, gesels gerus met jou dokter.

    Share this article

    News Archive

    Worcester Radiologie sluit aan by SCP Radiologie‘n Eie resepteboek om 2020 af te sluitWorcester Radiology opens fourth practice, in RobertsonOf course we worked on Mandela Day!Worcester Radiologie deel van Covid-19-noodverligtingRoetine prosedures terug na normaal – maar met ekstra maatreëlsCOVID-19: Important notice to patients visiting the practiceWRAD-span en Kersvader kuier weer in AvianparkProud supporter of Woman of Hope’s first public eventBecause it’s all about the teamAs borskanker in jou gene is…Eerste mammogram? Dít is wat om te verwagKoronêre RT-angiografie by Worcester RadiologieBeurse by Worcester Radiologie: Só werk ditWaarom moet ek ’n sonar ná my mammogram kry?WRAD-span stik 160 matrasslope vir MandeladagSewe dinge wat alle vroue van osteoporose moet weetAny questions? Learn more about your next scanTwee dekades in SwellendamTeam WRAD shows support for local hockeyWorcester Radiologie kies ‘Biggest Loser’Ontmoet Worcester Radiologie se span in CeresKersprojek 2018: WRAD-span besoek AvianparkWêreldradiologiedag: Wat jy moet weet van radiologieRolling up our sleeves for Mandela Day 2018‘Ek was geseënd om dit vroeg op te spoor’Waarom moet ek weet wat osteoporose is?Osteoporose: Leer meer en laat jou toets‘Dit is nie ons werk om lewens te red nie maar om dokters te help sien’Dr. Fred Cronje groet ná 25 jaarTime for a screening of a different kind, ladiesJou lyf en gesondheid: Wat tegnologie jou nou kan laat sien100 Kersgeskenke vir AwendrusGetting eyeballs on the CANSA cause