Worcester Radiologie se Kersprojek vir 2018 was die aanbied van ’n partytjie vir die kinders van die Lena Johnson Care House-sopkombuis.
Dit is gekoördineer deur die NG gemeente Worcester-Vallei en ondersteun deur plaaslike instansies en individue wat die sopkombuis maandeliks ondersteun. Worcster Radiologie tel onder dié maandelikse borge, asook Hofmeyr en Laubscher Tandartse, Jaffes Ford, Wynne Wolstenholme en Jerome de Villiers van Albany.
’n Spannetjie personeellede van Worcester Radiologie het die partytjie by die Avianpark-bibilioteek gaan aanbied. Dr. Johan Blomerus was Kersvader, ons het Kerskaartjies gemaak, die Kersverhaal gekyk en lekker geëet.
Die vroue wat die sopkombuis aan die gang hou, Lena Johnson en Liza (Poppie) Dokoda, maak elke Dinsdag en Donderdag vir 100 kinders van Avianpark kos. Hoewel hulle erken dat dit “Job se geduld” vat, voel hulle geroepe om daarmee vol te hou.
Worcester Radiologie is trots om Lena Johnson Care House as een van sy verskeie gemeenskapsprojekte te ondersteun.